GANIEFIE BYL EN SY
GIRL
Ganiefie is ‘n groot dik nek
Hy’t twintag baatjies klaar getrek
Die hele se ouens skrik vir hom
Die meire? Dink jy hy is dom?
Laas Saarag byrie matinee
show
Wil Apie hom net dik nek hou
Hy gryp vir Myra voor die bors
Ek sê tiefkat. tonight I’m yours
But Myra kan haar kant oek
bring
Toe tata an jou slegte ding
Ken jy my man, hy is ‘n worl’
Ek!…ek is Ganiefie Byl se girl
But Appie wil net niks verstaan
Is daar wat hy sy fout began
Loep roep jou man en sê vir hom
By Apie moet hy weer om kom.
Ganiefie sit innie klawerjas
game
Toe Myra oppie scene verskyn
Wat vat nou plek tiefkat?
Nei, ou Apie will mos vir jou aan vat
Jy sien daai burk
Is lank wat hy try om vir my te fyftag sturk
Ek sê ou Byl, laat los daai move
Daai burk try net om homself te prove
Ek sê wil jy vir my control?
Ek stiek jou laat jy rock en roll.
Daai marrag byrie niewe bies
Staan Apie en sy handlangertjies
Ek sê brigades, laat ons toe staan
Maak vas daai stop
En maak it aangenaam
Ganiefie het ‘n duisling
crew
Is Lys, Is Dout, Is Mannekou
Is Haare van Grabouw se poort
Hy’t dertag jaar getrek vir moord
Toe Apie sien die pace gaan
hot
Toe trek hy soemma vannag kort
Ek sê ou Byl, ek het die flu
As jy my vat, stoot ek jou toe
Ganiefie het vir Apie bad
gemaak
Hy’t die aap se bek in drie gekraak
Dink jy Apie maak ‘n joke?
Ganiefie is soemma gou gecloak
Ganiefie is a groot diknek
Hy is nou biesag om sy een-en-dertagste baatjie te trek.
Nog altyd, waar is hy nou, hy’s alweer innie pan
En Myra?
Die tiefkat het ‘n anner man